van www.skoorblok.wordpress.com en ek het ‘n passie wat my trots maak, maar meestal laat huil.
Want ek is van mense wat net wou wees.
Maar mense het leiers. Wat ‘n volk die muishond kan maak.
Lees saam en kommentaar op my een bladsy inskrywing wat langer gaan word soos die dinge na my toe kom.
Beskou dus hierdie werf as ‘ALTYD ONDER KONSTRUKSIE’
En hier ontdek ek die mooie plekkie nou eers, en jy seg my niks!! Baie nice ek link hom sommer dadelik op my blog.
Vuur en vlam begin, en toe uit tyd gehardloop. Dis hoekom ek nie ‘n woord rep nie, ek wens ek kon nog goed nou bysit, maar helaas.
Miskien moet ek hierdie ‘n ‘oop blog’ maak en ander ook laat postings doen, maar netnou annekseer die suurknolle dit.
Welkom anyway, miskien bou ek binnekort verder.
Oe as jy dit oopmaak, dan kom post jy weet wie dalk oor die einde van dae hier. Maar dit is jou besluit.
Ag wat gee dit tyd, daar is mos nie haas nie. Ek het kontak gemaak met dr Elizabeth van Heyningen, sy doen baie navorsing oor die ABO en kan mense se name op lyste opspoor, sy het my oupas en name op die skeepslyste gekry en die dooies se name op lyste in kampe. As jy belangstel kan ek haar detail vir jou stuur, sy is besig om ook te bou ect
Jy kan die dr se epos adres hier sit, dis altyd handig om so iemand te kan kontak. Of as jy bang is sy gaan gepla word, my epos adres is op Skoorkos.
Ek het net ‘n grapje gemaak oor die ‘oop blog’ want dan kan enigiemand ook DELETE druk, ne!
Miskien moet ek vir jou en Nikita die vloer gee – julle twee sit mos met julle vuiste vol stories en prente. Altyd te lekker om raak te lees.
Ek het interessante boek gesien vandag deur iemand met die van Otto, uitgekom in 2005. Die naam is net: Die Konsentrasiekampe. Lyk na goeie boek.
Jip, het dit. ‘n Juweel!